MARGARET ROBERTS‘ Plantmaats

Die kuns om spesifieke plante naby mekaar te plant sodat hulle mekaar op een of ander manier bevoordeel,word al honderde jare beoefen. Plantmaats is plante wat mekaar help deurdat hulle ‘n reuk of chemikalieë afskei wat peste en plae afweer, of deurdat hulle voordelige insekte aanlok wat die omliggende plante bestuif of jag maak op skadelike insekte. Sommige plante stel weer voedingstowwe in die grond vry wat deur ander plante gebruik kan word.

Het jy geweet ….

Kappertjies wat saam met pampoene, skorsies en komkommers geplant word,verdryf kewers,plantluise en ander insekte wat die groente beskadig. En boonop is kappertjies eetbaar!

Wortels en preie is uitstekende plantpas maats. Preie vejaag die worelvlieg en die wortels jag weer die vlieë en motte wat uie en preie beskadig. Die verskillende reuke verwar die insekte en ontmoedig hulle so.

Aspersies keer dat aalwurms tamatieplante se wortels aanval.

Koljander verjaag insekte en word in ‘n natuurlike spuitstof teen die rooispinnekopmyt gebruik.

Knoffel verjaag plantluise en is veral ‘n goeie plantpasmaat vir rose.

Hierdie boek beskryf meer as 100 kruie, voedsel- en medisinale plante en hulle plantpasmaats, met raad oor hoe, wanneer en waar om hulle te plant, te oes en te gebruik. Verweef in die teks is resepte vir natuurlike bemestingstowwe en spuitmiddels en inligting oor die medisinale en huishoudelike gebruike van plante. Afsondelike afdelings dek nuttige onkruid, natuurlike spuitstowwe, deklae, bemestingstowwe en ander metodes om die grond te versterk.

Margaret Roberts was heel moontlik een van die eerste organiese boere in Suider-Afrika. Sy kweek al groente vandat sy sewe jaar oud is en gebruik net natuurlike bemesting-en spuitstowwe. In hierdie buitengewone boek tuinmaakervarings met die leser.


Price: R195.00