Plantmaats is plante wat mekaar help deurdat hulle ‘n reuk of chemikalieë afskei wat peste en plae afweer, of deurdat hulle voordelige insekte aanlok wat die omliggende plante bestuif of jag maak op skadelike insekte. Sommige plante stel weer voedingstowwe in die grond vry wat deur ander plante gebruik kan word.
Die kuns om spesifieke plante naby mekaar te plant sodat hulle mekaar op een of ander manier bevoordeel,word al honderde jare beoefen.